Monday, November 19, 2007

Stuur Vader Kersfees bali toe

Ek wens daar was 'n kerk waarteen ek hierdie kon vasspyker om die rewolusie te bevorder. Maar Martin Luther se era is verby en selfs al is ons meer geisoleer as ooit, is ons issues nou wereldwyd, en ons oplossings ook.

As boertjie maak dit my baie bang dat daar nie n kerkdeur is waar almal elke dag verby loop nie. Ek weet hoe moeilik dit is om almal in Afrika deel van die groter prentjie te kry. Selfs iets so voriehandliggend soos die AIDS krisis is onoorkombaar bleddie onmoontlik om aan almal mee te deel as gevolg van 'n handjie vol halstarrige aartappels en n knoffelhuisie genaamd Manto. So hoe dan gemaak met die klimaat krisis?

O jong, as cosmopolitan moet ek aanhou glo dat Amerika nooit weer so 'n spesifiek dom president sal kies nie, dat die wereld Sjina in die regte rigting sal kan stoot om skoon energie te vervaardig, dat Richard Branson se droom vir zero carbon jet fuel waar word en dat ons regerings teen 2015 bygepik het, wereldwyd, en 'n oplossing bewerkstellig het.

My kersfeeswens vir 2007 is dat Ban ki Moon sal sterk staan in Bali volgende maand, dat hy George Bush en Hu Jintao kan oorreed dat dit nou die tyd is om saam te span, en dat die wereld soos een span sal saamwerk om ons lug skoon en koel te kry teen 2050. Want die alternatief is net te verskriklik.

1 comment:

My Kop Op 'n Blok! said...

Maar hier het jy mos nou jou eie kerkdeur: jou blog!

Die probleem met daardie "hierdie" wat jy gee is dat dit vir my bietjie langdradig geskryf is - dit sal op geen kerkdeur pas nie, die verbyloper sal later sy nek afdraai.

Die ander probleem met jou kerkdeur is dat daar so baie kerkdeure is, wat my bring by die punt wat ek dink ons grootste probleem is: te veel mense op die aarde.

Ek het onlangs van iewers af 'n klompie goed gekopieer en in Afrikaans vertaal, wat mense kan doen om te help. Ongelukkig dink ek het baie mense dit dalk nie gelees nie, omdat hulle gedink het dit gaan oor 7de Laan, want my titel was "Oom Oubaas en die groot wekker".