Saturday, January 12, 2008

Hoekom is Kate Moss ons rolmodel?

Die dae is verby waar dit goed genoeg is vir n vrou om haar regverdige rol in die lewe in te neem en die samelewing daardeur tevrede stel. Nee, deesdae moet sy op elke terrein voortreflik uitblink om te verhoed dat sy summier sleggese word. Vroue regte is miskien besig om 'n baan te weg tot meer geleenthede, maar daardie selfde geleenthede veroorsaak dat vrouens verby breekpunt gerek word oordat hulle nie meer toegelaat word om te kies waarvoor hulle kans sien nie.

Oordat sy n beroep mag he, moet sy aanhou werk. Sy word nooit toegelaat om te vergeet dat sy nie mag vet, grys of oud word nie, want as sy hard genoeg werk, sal sy ook kan bekostig om dit te vermy. Nie net vir haar eie beswil nie maar ook om te verseker dat haar man nie groener weivelde begin soek nie. En as sy net goed genoeg beplan en ver genoeg vooruit dink, sal sy 'n ryk gesinslewe ook kan he. What a bargain. Te veel ysters in die vuur veroorsaak dat te veel vrouens se drome, families en verhoudings in vlamme opgaan.

Deesdae word die suksesvolle vrou nie meer uitgebeeld deur 'n moee landarbeider, huisvrou, onderwyseres of verpleegster wat n "brave face" voorhou terwyl sy swoeg en sweet vir dit wat sy glo nie. Nee, mevrou suksesvol in die 21ste eeu is Kate Moss.

'n Rietskraal, iets in die 30, dwelmverslaafde, enkellopende ma met n rock and roll boyfriend. Nie oordat sy kan nie, maar oordat sy mag. Al wat Kate Moss nie mag doen nie is om nee te se vir die volgende geleentheid wat aan haar deur klop. Goed of sleg, sy sal survive en sy sal aanhou glimlag. Sy mag nie meer met n gesonde verstand prioritiseer nie. En sy moet n sukses wees, nietenspyte. Dis waarna ons almal streef. Ons wil Kate Moss wees want vir ons lyk dit asof sy alles het en nog wat. En ons soek dit ook. Soos n Visa advertensie, dis priceless. Ons sal selfs ons siel en ons kinders se geluk daarvoor verkoop.

Maar nee, se julle dan, dis nie waar nie, ons is nie so stupid nie, ons weet wat is reg en ordentlik. I beg to differ.

As vroue nog met n gesonde verstand gedink het en nie in die lokval van blinde verbruikersbegeertes vasgeval het nie, sou die wereld heelwat anders gelyk het.

1. Kate Moss sou nie die topmodel van Topshop- 'n klerewinkel wat grootmens, swangerskap en tienerklere verkoop- gewees het nie. Sy sou lankal verval het in die publieke oog tot n skande vir die menswees, soos Michael Jackson of OJ Simpson. Maar geen ma gee vandag om as haar dogtertjie n t-hempie aantrek waarop Kate Moss staan nie want eintlik wens sy sy was self maer genoeg om daarin te pas! En, anyway, sy's nie so bad nie, kyk hoe suksesvol is sy!

2. Jong ma's sou maklik 4-5 jaar uit werk uittree om hulle kinders groot te maak. Maar wat tans gebeur is dat ma's gemiddeld na 'n jaar weer voltyds of halftyd gaan werk- nie soveel oor geld nie, want die koste van kindersorg skakel gewoonlik die ma se inkomste uit- maar oor sosiale druk. Want 'n huisvrou is 'n dom en lui persoon wat nie weet hoe om te juggle of beplan nie. Kyk vir Kate Moss, en enige ander celebrity. As hulle dit regkry, hoekom kan jy nie? Om jou kind se sorg en opvoeding af te skeep het die sosiaal mees aanvaarbare ding geword in die 21ste eeu. En as jy skuldig voel, sal jy altyd later meer geld he om haar mee te bederf.

3. Vrouens sou hulle kinders grootmaak met n groter bewustheid vir die gemeenskap, die wereld en die kosbaarheid van lewe. Mense het deesdae baie beter kennis van die mensdom, die natuur en die wereld as ooit tevore, kennis wat jaarliks eksponensiaal groei. En tog word kinders al meer eng grootgemaak. Kinders is selfsugtiger, geldgieriger, en het minder respek vir ander as ooit tevore. Kinders word grootgemaak met die idee dat mense gebruik word om n doel te bereik, en wanneer hulle dan so optree, rek almal se oe, want, kinders is tog so onvoorspelbaar. As n vrou se primere begeerte is om so mooi en ryk soos Kate Moss te wees, is al haar keuses inherent selfsugtig. En meer as deur wyse woorde of reels, leer kinders deur te na-aap. As n vrou yummy mummy 2000 is, word haar kinders meegesleur om die prentjie te voltooi eerder as dat hulle prioriteit vat.

Na n jaar in die buiteland, sonder n tv of radio was ek so gespeen van advertensies dat die mense rondom my se gedrag my regtig opgeval het. Mense is nie skaam om hulle self verbruikers te noem in n wereld wat op die punt staan om in duie te stort van oorverbruik. Mense smag actually konstant na meer, beter, vinniger, groter en blinker alles, al het hulle alles alreeds. En toe ek weer vir 'n paar dae in Johannesburg was het dit my opgeval dat billboards en ander megagroot advertensies nou n daaglikse werklikheid geword het daar ook. Vrouens is besig om ingesuig te word in n stelsel waar hulle die leuen gevoer word dat hulle slegs kan goed voel oor hulle self as hulle geld het om te verbruik op nuttelose items wat hulle nie gelukkig maak nie. Hierdie leuens word direk of indirek versprei deur middel van kreatiewe bemarking of familie en vriende se opinies om vrouens te laat skuldig voel dat hulle nie beter van hulle geleenthede gebruik maak nie.

Soos Paulus se in 1 Korintiers 10: Alles is geoorloof. Ja, maar nie alles is heilsaam nie. Alles is geoorloof. Ja maar nie alles is opbouend nie. n Mens moet nie sy eie voordeel soek nie, maar die van ander.

Geseend is die vrou wat prioritiseer om haar kinders groot te maak tot die beste van haar vermoe, geseend is die vrou wat leer dat sy nie net deelneem aan die lewe wanneer sy geld uitgee nie, geseend is die vrou wat meer tyd in haar man se arms spandeer as in die gym en geseend is die vrou wat weet sy het nie alles in die lewe nodig om gelukkig te wees nie, want sy sal die ware betekenis van die woord kosbaar leer ken.

4 comments:

My Kop Op 'n Blok! said...

Dis baie waar wat jy skryf.

My ma het haar hele lewe nooit 'n dag vir 'n salaris gewerk nie My vrou het na die geboorte van ons eersteling 'n breek van 14 jaar gevat, ons jongste was omtrent 10 toe sy weer begin werk het. Daar is net soveel ding (wat soveel duurder word) wat ons MOET hê dat ek nie weet of daar nog mense gaan wees wat dit kan regkry nie.

Elsa Raubenheimer Lilienfeld said...

Jou kop is sowaar reg aangeskroef!
Jy sal nie glo hoe min mense verstaan die keuse om jou lewe om jou kinders te probeer inrig nie. Hoeveel jaar het 'n mens met hulle? En dis belangrike jare!

Die siening dat 'n mens jouself opoffer as jy daardie keuse maak, spreek van onkunde. Dis die rykste jare wat enigeen voor kan hoop.

Niks skryf voor dat jy jou brein hoef af te skakel nie!

En dit wat 'n mens kan koop hou jou nooit lank gelukkig nie... Ware "power" is om te kan nee se^ en dit te geniet!

willemras said...

Hi Zilla, ek dink my gustelling bybelversie is hier toepaslik: Spreuke 11:22 sê .. die skoonheid van 'n vrou sonder oordeel, is soos 'n goue ring aan 'n vark se snoet!

So, kom ons leer mense van oordeel en vergeet bietjie van die ringe. tog dink ek mense dink dat mense met ringe het oordeel ... Mmmmm

So, op hierdie oomblik moet ek sê dat hierdie wêreld al vir eeue 'n obsessie met skoonheid en jeugdigheid het.

Maar ... dit als gesê is dit altyd die moeite werd om net terug te keer na goeie verstand en oordeel!

Sarita said...

hello daar, ons bly in nederland, met ´n kiddie van ´n jaar. die koste van kinderopvang (soos hulle die creche hier noem) skakel glad nie my inkomste uit nie, dis veel minder. Dus geen rede om op te hou met werk nie. Ek wíl werk. Maar hier is weer so reverse backlash teen werkende moeders, almal verwag van jou om voltyds moeder te word, of dan maximaal 2-3 dae per week te werk. Ek is nie Kate Moss nie, gee nie ´n damn om dat ek gaan grys of vet word nie, wil ook nie ophou werk nie, besides the fact that I need the money anyway. Oor my spesifieke spesie lees mens maar min...Why do I have to leave my career, that I´m passionate about because people think its wholesome to stay at home with the kids?