Wednesday, May 21, 2008

xenophobia? teiken die regte skurk

OK, dis maklik om te oordeel: 'n jong, gesonde zulu man met 'n pik of assegaai op die koerant se voorblad pronk onder die opskrif - XENOPHOBIA. Daar's hy, hy's skuldig en trots daarop! Vang hom! Maar as mens bietjie dieper delf is daar baie kante tot die storie...en is die ou met die assegaai en die ou met die tyres om sy nek eintlik 'n produk van jare se afskeep deur die regering eerder as 'n fanatiese moordenaar en 'n toevallige slagoffer.

Volgens die UNHCR het daar in 2007 amper 30 000 zimbabweers in SA aansoek gedoen om toevlug status. Maar meeste mense meld hulle self nie aan nie. So hoe seker is ons hoeveel buitelanders in Suid Afrika toevlu soek oordat hulle geen ander uitweg sien nie?

As daar regtig drie miljoen zimbabweers in Suid Afrika is, waar is hulle dan? Drie miljoen mense is baie. Hulle kruip nie maklik weg nie. Duidelik is iemand lankal besig om hulle groeiende teenwoordigheid te ignoreer. En n paar ander al lankal besig om vir hulle groeiende teenwoordigheid plek te maak. Volgens Refugees International is dit so duidelik soos daglig dat die zimbabweers net eenvoudig geignoreer en tot nou toe hardhandig aanvaar word. Maar niks konkreet of offisieel word gedoen om hulle teenwoordigheid of af te keur, of goed te keur nie. Die regering weet nie wat om met hulle te doen nie, so nou doen hulle maar eerder niks nie!

In 2004 was daar reeds groot probleme. Duisende zimbabweers wat probeer aanmeld by immigrasie word nie eens die kans gegun om die vorms in te vul nie. Van 5000 mense wat in 2004 vorms kon indien vir toevlug (asylum seekers) is slegs 20 goedgekeur.

In 2004 was daar reeds n agterstand van 80000 aansoeke wat nog nie geprosesseer is nie. So dis regtig moeilik om te besluit hoeveel van hulle in die land is, en onmoontlik om hulle te beheer of beskerm. Tans is daar n agterstand van 100 000 aansoeke wat wag terwyl ongeveer 30 000 goedgekeur is.

En volgens die verslag deur Refugees International:

"While the senior management of the Immigration Department acknowledged that Zimbabweans have the right to be considered refugees, Refugee Reception officers were unable to state whether or not Zimbabweans had the right to political asylum in South Africa. Staff in the Reception Office said that Zimbabweans were not a priority because "there is no civil war in Zimbabwe, so there is no reason to apply." Other Zimbabweans told us they were denied access to the process because they did not have valid passports.

"Even the UN agency in charge of refugees could not agree. The Office of the UN High Commissioner for Refugees (UNHCR) in South Africa was also unable to provide a clear determination as to whether Zimbabweans qualify for asylum. They were waiting clarification themselves from Geneva."


Volgens Human Rights Watch se verslag in Augstus 2006 oor Zimbabweers in Limpopo:

"Documented and undocumented migrants from Zimbabwe are vulnerable to human rights abuses in South Africa and occupy an ambiguous space in the law with respect to certain rights guarantees. Their constitutional rights to personal freedom and security, conditions of detention which are consistent with human dignity, and fair labor practices are infringed upon by violations of immigration and employment laws and also deficiencies in these laws. Their inability to access adequate housing presents challenging issues of unsettled law, which will require further adjudication."

Nou, hierdie sterk opinies oor die penarie van Zimbabweers in Suid Afrika help nog steeds nie om die ou met n assegaai in n beter lig te plaas nie, maar laat ek dit so stel: As die regering al reeds jare lank versuim om hieraan aandag te gee, wie is besig om aan die kortste ent te trek?

Wel ek voel daar is twee groepe mense wat benadeel word. Daar word verwag van die township inwoners wat reeds met skaars hulpbronne sit om plek te maak vir die vreemdelinge om iewers te bly, sonder dat hulle enige teken kry van die regering af dat hulle probeer om die probleem op te los nie. Die township se water, krag, skole en gesondheidsorg moet vreedsaam met mense gedeel word wat geen bydrae lewer nie, en ook geen hulp as toevlug soekers kry nie. Dit word ook dag tot dag deur die polisie duidelik gemaak dat die vreemdelinge geen regte het nie en uitgebuit kan word.

Aan die ander kant voel die Zimbabweers dat, hoe haaglik die omstandighede nou ook al is, dis beter as in Zimbabwe en hulle "grin en bear" maar en gaan vir seker nie teveel geraas maak nie in geval hulle gedeporteer word!

Solank Mnr Mbeki se daar's geen probleem in Zimbabwe nie, hoef hy nie aan die Zimbabwese vlugtelinge toevlug te gee nie, en dus geen oplossing te soek vir die 3 miljoen mense wat letterlik nerens anders kan heen nie.

Baie mense voel dat ons regering reeds nie vir sy eie mense kan sorg nie. Dis waar, maar ons moet ook nie vergeet nie, daar is internasionale gemeenskap van hulp agentskappe wat gereed staan om hierdie mense te help. Maar solank hulle iewers in n township skuil oor hulle bang is n polisie radar tel hulle op, kan hulle nie aanspraak maak op die hulp wat hulle toekom nie.

So, ek voel dis onverskoonbaar om mense te begin doodmaak oor hulle van n ander land is (hier sit ek self in n vreemde land) maar dit is ook belangrik dat die township inwoners hulle stem dik maak en die regering begin verantwoordelik hou vir n probleem wat nie na die armste mense in die land oorgeskuif moet of mag word nie. Hoe vinnig sal Sandton, Waterkloof of Durbanville se inwoners begin toi-toi as 3 miljoen zimbabweers skielik op hulle grasperke kom tentopslaan?

oor en uit

Thursday, February 7, 2008

Imran Khan's freudian slip

In the Newsweek magazine of 11 Feb 2008, Imran Khan gave an interview which was published in "the last word" on the back page. In it he discusses Pakistan's descent into bloodshed and chaos. I just couldn't ignore the many similarities with a country I hold dear...

To quote "...There's an economic meltdown taking place. There are blackouts. Factories are closing. Unemployment is increasing. There's a huge fiscal deficit. A trade deficit. A wheat deficit. This has never happened before...I cannot understand it. Last year was the bloodiest year in Pakistan's history.."

and it's just there at the end where you need to replace Pakistan with South Africa to have a great summary of what the beloved country is going through.

Since coming back to Ireland after 3 weeks in South Africa, over Christmas, an amount of dread has been growing in my heart. Dread for the people and country I love so much.

I feel that because people in South Africa are in a certain sense trapped in the situation (everyone's mom and granny isn't quite as movable as the young people already overseas) and because South Africans always feel that they have lived through worse times, unbelievably, a false realism and optimism still prevails despite overwhelming facts to the contrary. Facts that point to the imminent decline of another wealthy african state to below-the-breadline corrupt africa.

And sure, the rest of the world is in an imminent economic recession and not even China is gonna live up to its potential this year, but the rest of the world is not becoming a suburban warzone. That is happening to only a handful of countries. Iran, Pakistan, Kenya, South Africa and the like.

This is breaking my heart. It's not I-told-you-so revenge typing. It's a tired sadness. I don't know how to think about South Africa anymore. I so wish to go back one day, live in a rural community, start a school, build solar panels for the poor. But, seriously? Is that dream even worth harbouring anymore? Or am I just leading people astray through my own false optimism? While safely tucked away in Ireland where I can happily walk wherever I like after dark it's easy to dream happy dreams about africa.

Good gracious, even God had the common sense to tell Joseph to flee to Egypt when he realised that his son's life was in danger.

But some small shard of hope still wishes, trusts, prays that sometime in the future our country can heal, and grow. I just don't think that time is now. There are too many angry and hungry young people seeking revenge for their own miserable lives in Godforsaken countries, seeking refuge in our country. These tsotsis are above the law and they know it. They now rule the country.

Cry, the beloved country.

What a soppy, miserable post. No need to comment, I just needed to get it off my chest. I needed to publish my own reality check. It makes it more real.

Saturday, January 12, 2008

Hoekom is Kate Moss ons rolmodel?

Die dae is verby waar dit goed genoeg is vir n vrou om haar regverdige rol in die lewe in te neem en die samelewing daardeur tevrede stel. Nee, deesdae moet sy op elke terrein voortreflik uitblink om te verhoed dat sy summier sleggese word. Vroue regte is miskien besig om 'n baan te weg tot meer geleenthede, maar daardie selfde geleenthede veroorsaak dat vrouens verby breekpunt gerek word oordat hulle nie meer toegelaat word om te kies waarvoor hulle kans sien nie.

Oordat sy n beroep mag he, moet sy aanhou werk. Sy word nooit toegelaat om te vergeet dat sy nie mag vet, grys of oud word nie, want as sy hard genoeg werk, sal sy ook kan bekostig om dit te vermy. Nie net vir haar eie beswil nie maar ook om te verseker dat haar man nie groener weivelde begin soek nie. En as sy net goed genoeg beplan en ver genoeg vooruit dink, sal sy 'n ryk gesinslewe ook kan he. What a bargain. Te veel ysters in die vuur veroorsaak dat te veel vrouens se drome, families en verhoudings in vlamme opgaan.

Deesdae word die suksesvolle vrou nie meer uitgebeeld deur 'n moee landarbeider, huisvrou, onderwyseres of verpleegster wat n "brave face" voorhou terwyl sy swoeg en sweet vir dit wat sy glo nie. Nee, mevrou suksesvol in die 21ste eeu is Kate Moss.

'n Rietskraal, iets in die 30, dwelmverslaafde, enkellopende ma met n rock and roll boyfriend. Nie oordat sy kan nie, maar oordat sy mag. Al wat Kate Moss nie mag doen nie is om nee te se vir die volgende geleentheid wat aan haar deur klop. Goed of sleg, sy sal survive en sy sal aanhou glimlag. Sy mag nie meer met n gesonde verstand prioritiseer nie. En sy moet n sukses wees, nietenspyte. Dis waarna ons almal streef. Ons wil Kate Moss wees want vir ons lyk dit asof sy alles het en nog wat. En ons soek dit ook. Soos n Visa advertensie, dis priceless. Ons sal selfs ons siel en ons kinders se geluk daarvoor verkoop.

Maar nee, se julle dan, dis nie waar nie, ons is nie so stupid nie, ons weet wat is reg en ordentlik. I beg to differ.

As vroue nog met n gesonde verstand gedink het en nie in die lokval van blinde verbruikersbegeertes vasgeval het nie, sou die wereld heelwat anders gelyk het.

1. Kate Moss sou nie die topmodel van Topshop- 'n klerewinkel wat grootmens, swangerskap en tienerklere verkoop- gewees het nie. Sy sou lankal verval het in die publieke oog tot n skande vir die menswees, soos Michael Jackson of OJ Simpson. Maar geen ma gee vandag om as haar dogtertjie n t-hempie aantrek waarop Kate Moss staan nie want eintlik wens sy sy was self maer genoeg om daarin te pas! En, anyway, sy's nie so bad nie, kyk hoe suksesvol is sy!

2. Jong ma's sou maklik 4-5 jaar uit werk uittree om hulle kinders groot te maak. Maar wat tans gebeur is dat ma's gemiddeld na 'n jaar weer voltyds of halftyd gaan werk- nie soveel oor geld nie, want die koste van kindersorg skakel gewoonlik die ma se inkomste uit- maar oor sosiale druk. Want 'n huisvrou is 'n dom en lui persoon wat nie weet hoe om te juggle of beplan nie. Kyk vir Kate Moss, en enige ander celebrity. As hulle dit regkry, hoekom kan jy nie? Om jou kind se sorg en opvoeding af te skeep het die sosiaal mees aanvaarbare ding geword in die 21ste eeu. En as jy skuldig voel, sal jy altyd later meer geld he om haar mee te bederf.

3. Vrouens sou hulle kinders grootmaak met n groter bewustheid vir die gemeenskap, die wereld en die kosbaarheid van lewe. Mense het deesdae baie beter kennis van die mensdom, die natuur en die wereld as ooit tevore, kennis wat jaarliks eksponensiaal groei. En tog word kinders al meer eng grootgemaak. Kinders is selfsugtiger, geldgieriger, en het minder respek vir ander as ooit tevore. Kinders word grootgemaak met die idee dat mense gebruik word om n doel te bereik, en wanneer hulle dan so optree, rek almal se oe, want, kinders is tog so onvoorspelbaar. As n vrou se primere begeerte is om so mooi en ryk soos Kate Moss te wees, is al haar keuses inherent selfsugtig. En meer as deur wyse woorde of reels, leer kinders deur te na-aap. As n vrou yummy mummy 2000 is, word haar kinders meegesleur om die prentjie te voltooi eerder as dat hulle prioriteit vat.

Na n jaar in die buiteland, sonder n tv of radio was ek so gespeen van advertensies dat die mense rondom my se gedrag my regtig opgeval het. Mense is nie skaam om hulle self verbruikers te noem in n wereld wat op die punt staan om in duie te stort van oorverbruik. Mense smag actually konstant na meer, beter, vinniger, groter en blinker alles, al het hulle alles alreeds. En toe ek weer vir 'n paar dae in Johannesburg was het dit my opgeval dat billboards en ander megagroot advertensies nou n daaglikse werklikheid geword het daar ook. Vrouens is besig om ingesuig te word in n stelsel waar hulle die leuen gevoer word dat hulle slegs kan goed voel oor hulle self as hulle geld het om te verbruik op nuttelose items wat hulle nie gelukkig maak nie. Hierdie leuens word direk of indirek versprei deur middel van kreatiewe bemarking of familie en vriende se opinies om vrouens te laat skuldig voel dat hulle nie beter van hulle geleenthede gebruik maak nie.

Soos Paulus se in 1 Korintiers 10: Alles is geoorloof. Ja, maar nie alles is heilsaam nie. Alles is geoorloof. Ja maar nie alles is opbouend nie. n Mens moet nie sy eie voordeel soek nie, maar die van ander.

Geseend is die vrou wat prioritiseer om haar kinders groot te maak tot die beste van haar vermoe, geseend is die vrou wat leer dat sy nie net deelneem aan die lewe wanneer sy geld uitgee nie, geseend is die vrou wat meer tyd in haar man se arms spandeer as in die gym en geseend is die vrou wat weet sy het nie alles in die lewe nodig om gelukkig te wees nie, want sy sal die ware betekenis van die woord kosbaar leer ken.