Monday, October 15, 2007

Hoe kies mens as jy geen keuse het nie?

Ons word daagliks hier in die industriele lande gebombardeer met die regte keuses en aksies wat ons moet neem vir die omgewing. Tog, as mens net bietjie onder die oppervlakte gaan krap is min van daardie keuses regtig beskikbaar. Meer nog, in derde wereld lande bestaan die infrastruktuur daarvoor nog nie.

Laas naweek het ons beplan om die ferry te vat Engeland toe om vir John se broer te gaan kuier. Ons sou lekker baie koolstof emmisies kon spaar deur nie te vlieg nie, en dan skuldloos lekker vakansie hou. Maar nee, die ferry is 4x duurder as die vlug! Selfs al is dit 4x so lank ook. Dan is daar nie n gereelde trein van Holyhead waar die ferry aankom inland nie, so ons sal die kar moet oorvat. En dan n halwe dag lank ry tot in Oxford. Om vir n naweek Engeland toe te gaan met die ferry van Dublin af, het ons na n paar uur agterkom, is heeltemal onprakties en onbekostigbaar. So moet ek nou my kop in skaamte laat sak en se ons het gevlieg.

Maar dit was dieselfde penarie met ons trippie Dingle toe. Mens kan die 200km of afle deur 4 ure met die kar te ry, oordat die paaie so om en dom en vol is, of ses ure met die trein ry en dan in elk geval daar n kar moet huur en nog meer as n uur tot by Dingle. Publieke vervoer bestaan net nie daar nie! So, dan klim jy maar in jou eie kar, want n naweek is net so lank.

Totdat die regering dit nie in hulle eie hande neem om publieke vervoer bruikbaar en bekostigbaar te maak nie, kan hulle nie van die bevolking verwag om die regte keuses oor leefstyl te maak nie. Maar nie net vervoer nie, elektrisiteit, behuising, dis als die regering se verantwoordelikheid om seker te maak ons het keuses om uit te voer. Die regering besluit waar om geld in te stoot, en keer op keer stel hulle ons terleur terwyl advertensies steeds voorhou dat ons kan en moet kies hoe ons wil leef.

Hier is slegs een elektrisiteit verskaffer. Geboue word met so min as moontlik nuwe tegnologie toegerus en ontwikkeling geld word slegs in paaie ingestoot. Toe ek die engelse treinstasies en treine sien het ek besef, hulle is ligjare vooruit en selfs daar bou hulle kool kragstasies, brei vir heathrow uit, stroop die green belt. Seid euch verruckt? Is ons mal?

In Suid Afrika is dit dieslfde storie. Eskom sukkel tans geweldig met krag omset. Nou offload hulle deur die gebied sonder krag elke paar ure te roteer, sodat almal in die pyn deel. Dis als goed en demokraties. Wat nie goed is nie is dat hulle die mense se krag verbruik beskuldig as die oorsaak vir die tekorte. Maar mense het geen ander keuse. Eskom is die enigste elektrisiteit verskaffer. Meer nog, daar is geen sonpanele of windkragopwekkers beskikbaar nie. In n land van sonskyn en wind, is dit skandalig. Eerder as om hierdie hulpbronne beskikbaar te maak draai die regering 'n blinde oog en se mense moet onthou om hulle ligte af te skakel. Mens bekragtig 'n bevolking deur hulle keuses te gee. Mens maak hulle mismoedig en desperaat deur hulle hande af te kap. Dit was aaklig om te hoor dat my skoonouers voel hulle enigste uitweg is om n diesel kragopwekker te koop. En ek wil nie eens aan die sekuriteitsrisikos dink wat gepaard gaan met beplande krag onderbrekings nie.

Dis die jaar 2007 en ons maak nogsteeds keuses uit die 1980's. Regerings laat nogsteeds grootskaalse uitbranding van woude, vissery, aviation, en uitbreiding van motorwee toe. Watter hoop is daar dan dat ons betyds n oplossing vir klimaatverandering gaan vind? Watter hoop is daar dat die verandering wat ek in my daaglikste bestaan probeer maak (en meestal vaal) 'n impak gaan he? Watter hoop is daar dat ons n werkbare oplossing voor 2015 gaan implementeer? Kanse lyk al skraler. En die volgende geslag gaan ons met ongeloof aankyk as hulle besef ons het teruggesit en op beter dae gewag. As daar ooit 'n tyd was om los te moet breek van regerings se leuens, valse voornemens en lee beloftes, dan is dit nou.

Regerings is deesdae te gemaklik, te goed gebuffer teen die bevolkings wie hulle skroef, en te ryk om aan enigiets anders as die bevordering van hulle eie rykdom te dink. Ons is weer in n posisie waar Marie Antionette ons uitlag en koek aanbied. Ons revolusie moet begin. Ek wil my kinders eendag in die oe kan kyk, en met trots kan se ek het hierteen baklei. De le Rey, De le Rey, daar's baie meer as boere trots wat tans in die weegskaal le, dis die mensdom se oorlewing waarvoor ons moet baklei.

Dis tyd om ons kwasi-demokratiese regerings reg oor die wereld te herinner dat die mensdom nog n stem het, en dat ons nie dankbaar is vir die grootskaalse verwoesting van ons wereld en onderontwikkeling van alternatiewe nie. Gee nie om wat die GDP is nie. Regerings het ons lank genoeg omgekoop met geld en goed. Dis tyd om te fokus en te begin DEMAND.

No comments: