Tuesday, July 31, 2007

klimaat verandering - 8 maniere om ons klimaat vroegtydig te stabiliseer en groot marakkas te voorkom!

Klimaat verandering- die nuwe naam waaronder "global warming" deesdae skuil steek al meer sy ongewensde kop uit. n Paar jaar gelede was dit net hippies en groentjies wat n hel omgegee het, maar noudat hel ons begin bekruip sit almal regop en gee aandag. Veral in die 1ste wereld lande word daar bietjie meer as gewoonlik geskarrel. Hoekom? Ons begin die pyn voel...Engeland kan dit dalk nog ignoreer as Wallis weer vloed, maar Oxford? En erger as ooit tevore? Australie se droogte begin regtig knyp, die monsoon het hierdie jaar nog rekords gebreek en ons moenie te vinnig vergeet van die groot gemors wat steeds New Orleand is nie. Ag, hel, dit sneeu in Johannesburg en vloed op die Cape Flats! Mens kan net soveel ignoreer.

Ok, Heuston we have a problem. Nou wat? Die ouens wat weet se dis tog nie so eenvoudig soos wat ons gehoop het nie. Dis nie jy alleenlik jy nie, dis meer almal tesame wat hierdie probeem gaan oplos. Nou kan ons ook se: sure, ons kinders sal slim genoeg wees om oor so 50 jaar gougou iets uit te figure. Dope. Dis dan te laat. Ons het tot 2015 om die wereld se klimaat te stabiliseer. Dis al.

Huh? Laat ek verduidelik. Die IPCC se konsensus is dat die wereld se temperatuur by 2' celcius warmer as nou moet stabiliseer om te verhoed dat natuur se eie afwaartse spiraal van verwarming inskop (wat sal veroorsaak dat die amazon woud, die pole se ys en die wereld se permafrost teen die einde van die eeu verdwyn). Gaan leer Mark Lynas se blog (in my skakels) vir die wetenskaplike weergawe hiervan.

So, vir ons om by 2' verwarmening te stop moet ons koolstof vlakke teen 2015 nie net stabiliseer nie, maar begin verminder. O s***.

China het laas maand vir amerika verbygesteek as die grootste skoorsteen op aarde en beide is redelik enorm. Europa se policies vorder nie vinnig genoeg nie en Australie se Howard volg amerika so slaafs na dat daar ook nie veel hoop is nie. Maar dorpe, stede, gemeenskappe, organisasies en besighede het begin om van onder af op te werk sodat teen die tyd dat regerings wakker skrik daar hopelik al n mate van infrastruktuur beskikbaar sal wees. Goed, waarmee hou hierdie groepe hulleself besig? 7 Mmaniere wat almal saam ons koolstof emissions(wat's n goeie afrikaanse woord?) gaan laat daal. Hier's hulle:

En onthou, dis nie die een of die ander nie- dis die hele spul saam, anders faal ons:

1. Halveer die afstand wat elke motor jaarliks afle
2. Halveer motors se brandstofverbruik
3. Bou 2 Miljoen 1 MW Windpompe wereldwyd
4. 2 Miljoen hektaar sonpanele wereldwyd
5. Stop die verwoesting van tropiese reenwoude en begin met grootskaalse woud aanplanting wereldwyd.
6. Dramatiese verhoging aan elektriese effektiwiteit van alle geboue, huise en fabrieke.
7. Biljoene tonne koolstof gaan in ou mynskagte ingepomp moet word.

Nie biofuels of nuclear energy is regtig noemenswaardig nie want beide het te veel newe effekte. Google hulle en sien self!

8. n "Cap and trade" stelsel vir koolstof en ander greenhouse gasses vir die toekoms. Al sewe die eerste oplossings gaan ons uitlatings(?) stabiliseer maar die slegs die 8ste een wat dit gaan verminder en daarsonder is ons net eenvoudig verlore.

Nou, min mense verstaan wat dit beteken, so more sal ek verder skryf oor wat presies dit vir ons sal beteken om n heel nuwe krediet stelsel op aarde te begin, en glo my, dis ver van slegte nuus!

Tot dan, nou moet ek eers bietjie gaan werk..

2 comments:

Jean M said...

Hey Z

Baie interessante topic die...ek onthou hoe in Standerd 7 in Aardrykskunde ons global warming behandel het en dit so net nie ernstig opgeneem het nie. Die huidige vraag is om te bepaal hoeveel bydrae ons werklik het aan die huidige klimaat verandering. Feit bly staan dat ons uit morele plig meer spaarsamig moet werk met moeder natuur, elkeen moet sy deel doen om sy of haar carbon footprint so klein moontlik te hou. Maar oor ons aandeel aan global warming is daar nog baie vrae. Persoonlik voel ek (en dis net 'n gevoel gebasseer op 'n gut feeling - ['n gevoel vanuit 'n gevoel - seker nie goeie taal gebruik nie - maar anyway...])dat menslike aktiwiteite bydrae tot die versnelling van die tempo waarteen 'n natuurlike siklus van 'global warming'sy gang gaan. Ons ou planeetjie is 'n lewendige een - dis asof sy asemhaal, en koors kry, en, eendag, gaan sy sterf. Ons is soos mikroorganismes wat in simbiose saam met haar leef, soos bakterie op ons eie liggame. Die probleem is net dat as 'n virus ons infekteer en ons gestel (so mooi oumens woord) verswak, dan kan ons goeie bakterie bad bakterie word wat ons agteruitgang vererger en versnel. So in effek is ons 'n petriebakkie wat dalk te lank gemaklik in 'n inkubator gelos is, en nou is daar te veel van ons en is ons besig om die agar uit te put. Hopelik is ons bietjie meer intilligent as bakterie en vind 'n manier om voedingstowwe terug te werk. Here is to intelligent life...

Het onlangs 'n cool boek gelees, die ding is al oud maar is hom onlangs eers deur 'n muslim vriendin gegee om te lees: The Celestine Prophecy. Die laaste hoofstuk sou nogal great wees as dit 'n realiteit kon word. Ek het net nie genoeg vertroue in ons vermoe om meer vir ons medemens om te gee nie.

Anyway, die comment is nou reeds heeltemal te lank, sal maar eerder in 'n email verder skryf later.

JM

Zilla said...

IPCC Fourth Assessment Report: Climate Change 2007
"Warming of the climate system is unequivocal.
Most of (>50% of) the observed increase in globally averaged temperatures since the mid-20th century is very likely (confidence level >90%) due to the observed increase in anthropogenic (human) greenhouse gas concentrations."
Die vraag oor ons aandeel is beantwoord, finaal en definitief. Om daaroor te wonder is soos om nou nog te wonder of rook longkanker veroorsaak. Belangrike mense word baie geld betaal om seker te maak dat ons so lank as moontlik wonder! Ek hou van jou comment oor simbiose, en agar in n petrie bakkie, ek voel ook nogal so.

BTW, het jy jou life mission uitgefigure na Celestine Prophecy? Myne is "to help enable people to fulfill their full potential."

Mooibly! z