Monday, July 16, 2007

Is jy ook 'n expat wat met Bok van Blerk identifiseer?

Wat is n cosmo boer?

(Ek het op die term se ouer sussie afgekom in 'n boek "The Pope's Children" deur David McWilliams. Dis n briljante boek. Ierland se ontwikkeling het baie in gemeen met SA s'n. Ek het baie van myself geleer deur dit te lees.)

Dis n kombinasie van twee goed- everything cosmopolitan- dit wat maak dat ons transvaal, vrystaat, kaap en natal boertjies ewe skielik met vlot engelse bekkies ons weg deur die wereld navigate. Ons weet van dinge, ons werk en speel in die wereld en op die internet. Ons sien (ongelukkig) bietjie neer op mense met ingegrynde idees oor hulle nie bereid is om die sprong te vat en die wereld te sien nie. Ons sien die wereld, en ken die wereld. Londen se underground is nie meer snaaks nie, Ierse busse is al n slagspreuk vir alles wat laat en onbetroubaar is, Perth is soos n tweede tuiste ons het so baie familie daar, Nieu Seeland se hospitale teem van ons. Chicago, New York, been there, done that. Ons weet hoe om goed gedoen te kry, om die goedkoopste kaartjies huistoe te kry oor kersfees, om in touch te bly met skype en blog en facebook. Ons staan ons man in die werkarena en hulle hou van ons. Hulle dink ons aksent is sexy (veral nadat Leonardo diCaprio so hard probeer het in Black Diamond) en hulle dink ons is slim en betroubaar. Ons het nie tyd vir rassisme en blaam nie. En ons weet ons kan n goeie lewe he hier in die koue en renerige ander lande.

Maar hier is die ander deel- boer. Dammit, dis nou maar net eenvoudig in jou en daar sal dit bly! Ons droom van donderweer en weerlig, rooi grond en blou lug en warm son en n see met golwe. Ons begin eers gemaklik praat as ons Afrikaans praat (selfs mense soos ek wat in engels skoolgegaan het!) Braaivleis proe net nie reg sonder chaka kole nie en tee is rooibostee. Maar dit moet meer wees as dit. n Mens leef tog nie net van kos en landskap nie. En ook nie net die taal nie. Maar daar is ook die kerk, vooraf se beskuit en koffie om die kombuistafel en dan Sondagmiddagete saam met familie en gaan stap om die blok met die hond, en middagslapies in die skaduwee, en carte blanche en die 8uur movie. Dis n hele samevatting van wat ons onthou wat die heel lekkerste was en hoe dit ons gevorm het en hoe al daai goed aanmekaar gebind is deur die mense met wie ons dit deel. Ons wil he ons kinders moet dit eendag beleef. En ons doen ons bes om dit te onthou. Ons vlieg elke Desember terug want "Desember is my familie reunie.."Karen Zoid

Ons is cosmo boere omdat ons huil as ons De La Rey se liedjie hoor, Karen Zoid se Afrikaners is plesierig, Stef Bos se Witsand. Maar ons weier om in n land te woon waar jou kans om of vermoor of verkrag te word, of vigs te kry, so hoog is dat jy later soveel daaroor stres dat jy vergeet wie of wat jy is. Ek moes in Ierland kom sit om te besef hoe ek regtig voel want hier het ek ruimte om te dink. Finansiele-, politieke- en Sekuriteitsvryheid as'tware. Party gaan sit op Rosendal, daarvoor is ek nog te jonk...maar ek droom daarvan. Ons, wie se voete nog jeuk, werk nou maar hier oor die see, spaar en contemplate ons toekoms. En hopelik wanneer ons rustig geword het en dinge uitgefigure het, sal ons kan teruggaan en ons wit velletjies weer n ordentlike sokkie- en kortmou tan gee!

So hierdie blog is tweeledig...dit wat boer is en dit wat cosmopolitan is, nes ek en baie van ons. Dit sal gaan oor die goed wat na aan my hart le. Dis nie n dagboek nie, meer n ideeboek. Voel vry om jou eie idees oor ons nuwe kulturele ontwaking hier te skryf. Voel ook vry om my spelling en taal te korrigeer ;-) Ek het nie verniet vir my ma gevra om bietjie n tweetalige woordeboek oor te pos nie!

Oor en uit.

6 comments:

willemras said...

Ek gaan begin tel hoeveel keer die "moet ek nie eerder in die buiteland gaan bly nie" en "hoekom sal ek eerder in SA bly" tema's oor 'n naweek kuier bespreek word. Net die feit dat ons so baie daaroor praat se^ alreeds baie.

Zilla said...

Ek sal dit my volgende poll maak..

hypernorth's bog said...

kan ek 'n afrikaner wees sonder om 'n boer te wees? kan ek 'n afrikaner wees as ek nie afrikaans praat nie? Dis niks persoonliks teen boere nie, ek twyfel bloot net of ek as 'n boer kwalifiseer.
Ek onthou die mieliefees op reitz so 2 jaar gelede waar die boere van Danielsrus trekkers en stropers ge"dice" het...terwyl die boere fotos geneem het van die trekkers het ek fotos van die boere geneem. Ek was definitief nie een van hulle nie...maar ek is 'n afrikaner. Ek wonder maar net...

Elsa Raubenheimer Lilienfeld said...

Briljant, Zilla... Ek is heel opge-"mist" na ek jou eerste post gelees het.
Tien jaar weg uit Suid-Afrika en, soos John, het ek nooit Boer (of Boerin) gevoel nie. En tog, daar is dinge wat 'n mens nie uit jou gestel kan kry nie.
Ek het baie hard gedink oor hoe dit gaan wees, en hoe my kinders gaan skaam wees vir my aksent een dag, en al daai dinge... ons is ampertjies daar, maar nog nie heeltemal nie. Tog het ek dit nie heeltemal "deur" gedink tot op die vlak waar ek dit sal mis om my geliefkoosde Afrikaanse gedigte en musiek met hulle te deel nie. Daardie goed was en is so intens deel van my dat dit voel of daar 'n stuk van my weg - 'n deel wat hulle nooit sal ken nie.
Nog 'n scary deel is dat ek nie meer gemaklik in Afrikaans kan skryf nie - hoe is dit moontlik!?

'n Stukkie uit iets wat ek nog in SA geskryf het:


en mag my kinders
eendag sien dat
ander mense ook
met woorde weef

dat ma nie siel-alleen
net op papier kan leef

en net in Afrikaans kan huil nie

BoerinBallingskap said...

Beste Cosmo Boer,

Wou al lankal vir jou se, ek's baie beindruk met jou blog. Jy verwoord in hierdie inskrywing so baie van wat in my eie hart omgaan.

Groete

boerinballingskap (Wordpress)

smirre said...

Ek is nie een van die 2 in jou vraag nie, maar die verbintenisse wat jy maak is interessant. Ek's nogsteeds in SA en oorweeg dit nie om gou te waai nie, behalwe dalk Japan toe.

Ek stem saam met jou dat dit 'n goue ding was vir die Afrikanervolk om uit SA "gedwing" te word. Ons het die vermoee om vreeslik eng te wees, en jul expats se blootstelling sal hopelik nuwe bloed vir ons idees-poel bring.

Die De La Rey debakel was baie interessant, veral in SA. Ek dink nie die regering het verwag dat 'n volk soveel emosies kan uitstort in 'n era waar hulle tog "bevry" is. Ek dink hulle het verwag dat ons vir meer dankbaar moet wees... En dit vir 'n song wat nie eens 'n strugglesong is nie.

Weereens is dit 'n goeie ding. Miskien moet ons weer expats en weeskinders in ons eie land word. Ons het op ons loure(?) begin sit en vergeet waarvoor ons als dankbaar moet wees en wat goed is in ons taal en kultuur.