Monday, August 6, 2007

Koolstof handel- Afrika se antwoord?

Koolstof handel is gebaseer daarop dat alle mense gelyk is, ewe veel koolstof mag produseer en ewe veel verantwoordelikheid moet dra vir wat hulle produseer. Deur koolstof emissie per capita te beperk ontstaan n mark in virtuele kapitaal wat gelyk staan aan geld maar deur almal besit word.

Wat gebeur tans?

Die grootste probleem met groenhuis gasse is dat alle lande nie ewe veel verantwoordelikheid dra vir die petjie waarin moeder aarde haarself bevind nie. Daar is n merkwaardige verskil tussen industriele lande en ontwikkelende lande. Die deursnit amerikaner is verantwoordelik vir 20 ton per jaar, brit vir 10 ton en indier of afrikaner n skamele 0.8 ton! (Die deursnit Suid-Afrikaner trek al by ongeveer 8 ton!)Waar industriele lande dan ook die reserwes het om hulle mense teen klimaat verandering te beskerm met invoer produkte en subsidies, bly ontwikkelende lande agter. So, die lande met die minste skuld, dra weereens die grootste las. Maar die wereld is reeds besig om die oplossing in werking te stel.

Wat is Kyoto?

Die Kyoto Protokol is n ooreenkoms onder die UNFCCC- United Nations Framework Convention on Climate Change- tussen die lande wat hulle daaraan bind om hulle koolstof emissie vlakke stabiel te hou onder n sekere vlak (gewoonlik die land se koolstof emissie vlak in 1990), of andersins om met die koolstof krediet wat hulle opbou handel te dryf. Cap and trade. Meer as 160 lande het dit onderteken. Die ooreenkoms loop in 2012 uit en daar is reeds in Mei 2007 aan n opvolg ooreenkoms begin werk.

Lande soos amerika en Australie wat weier om aan die Kyoto samesprekings deel te neem se posisie is nie regtig verdedigbaar nie. Dis als goed en wel om te se hulle sal eers sny as China begin saamspeel, maar China se per kapita vrystellings trek maar by 3 ton. Vir die deursnit Chinees om skielik beperk te word tot 1.5 ton as die deursnit amerikaner onder dieselfde wet teen 10 ton mag voortbeur is duidelik onregverdig. Ontwikkelende lande word tans vrygestel van enige cap of sny aksie. Die geval van China en Indie se uitmuntende groei en ontwikkeling is een van die kwessies wat in 2012 hersien sal word. Die Kyoto protokol is nie onder n hoender uitgebroei nie en Amerika skiet homself en die wereld aanhoudend in die voet deur daarvan te probeer weg wriemel.

Die enigste manier hoe konsensus bereik sal word is deur n wereldwye gelyke perk, ingestel op n vasgestelde datum. Dan, as die "cap" eers in plek is, kan mense, organisasies en lande met hulle reserwes begin handel dryf. Dus "cap and trade".

Regverdige Handel

Poetry in motion, sou my wiskunde onnie se, want ewe skielik is almal op gelyke voet. Rykes wat hulle weelderyke lewensstyl wil voort leef sal by armes kan handel dryf daarvoor, maatskappye sal besigheidstrategiee moet heroorweeg om die omgewing in ag te neem en arm lande sal uit eindelik nie meer uitgebuit word nie.

Afrika is bekend vir haar natuurlike bronne van rykdom. Ook bekend is die feit dat meeste van hierdie natuurlike bronne letterlik gesteel is tot voordeel van industriele lande in die Noorde. Onder huidige handelswette duur hierdie ongelyke gebruike voort. Die IMF en WTO draai n blinde oog en Afrika word al armer en warmer.
Onder n koolstof handel stelsel wat wereldwyd gestandardiseer is sal industriele lande nie meer toegelaat word om te boelie nie en sal ontwikkelende lande hulle mense beter kan voorberei op die verandering wat reeds in die klimaat plaasvind.

Hoe vorder ons?

Koolstof handel bestaan reeds. CCX is die Chicago Climate Exchange; Europa het n cap and trade stelsel; heelwat indiese NGO's neem reeds aan die handel deel. Suid Afrika is ongelukkig ver agter! Dat die eerste windplaas in Darling hierdie jaar eers aan boord gekom het is n skande as mens onthou dat SA die eerste hart oorgeplant het, dat Sasol een van die eerste maatskappye was om kool in petrol om te sit en dat ons die flippen grootste diamante in die wereld uit ons grond uit grou. Genugtig, wat het gebeur? Juis hieroor was ek skoon verlig toe ek op die World Bank website se nuutste projekte afdeling gesien het dat hulle wraggies van Julie af in Johannesburg sit om Suid Afrika op hoogte te kry met reels en regulasies om koolstof en groen elektrisiteit handel te bevorder. Kyk, n groter investment tip sal daar hierdie jaar nie wees nie.

Hoe sal dit werk?

So, koolstof handel sal soos geld werk. Elke ou kry elke jaar n sekere koolstof krediet. As jy brandstof ingooi, n vlug betaal of jou elektrisiteit rekening vereffen, word die regte bedrag krediet afgetrek. As jou krediet opraak, bestaan die moontlikheid om by iemand anders te koop, of op jou fiets te klim. Ewe skielik sal die slimmes en rykes nie die ouens met die groot karre en huise wees nie. n vervrissende kulturele- en gedragsverandering sal plaasvind. Klem sal verskuif vanaf blinde verbruiker- en ekonomiese groei na kwaliteit van lewe, herverbruik en bewaring. Tegnologiese ontwikkeling sal kreatiewe oplossings help vind en nie bloot op wins gefokus bly nie.

Kyk, niemand verwag n sewende hemel nie. Lewe sal voortgaan met al sy stres, sorge en vreugde. Maar dis juis die punt. As daar nie drasties aksie geneem word nie, sal die lewe binnekort grotendeels nie meer bestaan nie.

Rusland het laas week deur middel van n duikboot n vlag op die seevloer van die noord pool gaan plant. Dis waar die grootste ongetapde rou olie reserwe le. Amerika voel hulle vlag staan reeds jare bo-op die ys. As die wereld aan hou verwarm teen die huidige koers is daardie ys teen 2050 gesmelt en gaan n magtige stryd vir die olie ontstaan. Anders gesien, as daardie ys teen 2050 gesmelt is, is die mensdom teen 2100 ongeveer uitgeroei. Hectic!

Baie van hierdie inligting kom van Mark Lynas se boek 6 Degrees, en sy blog. Ook die webtuiste van die WTO en World Bank en die kaarte van www.worldmapper.org. Maar as jy na net een interessante blad wil gaan kyk: poodwaddle.com se horlosie.

3 comments:

My Kop Op 'n Blok! said...

Ek wonder of die beginsel dat rykes kan voortgaan soos hulle voortgaan, solank hulle daarvoor betaal, 'n goeie een is. En sal die armes, as hulle betaal word, nie dan ook ryk word en elke aand 'n warm bad wil neem nie?

Ek wil glad nie 'n grap maak van jou inskrywing nie, ek is baie ernstig oor die omgewing. Maar om een of ander rede het hierdie koolstofhandel my laat dink aan die s.g. Dark Sucker Theory, sien b.v. http://www.geocities.com/capeCanaveral/5599/dark_sucker_2.html - dis skreeunsnaaks!

willemras said...

Die belangrikste ding is dat die hoeveelheid besoedeling beperk word en dat as dit oorskry word dat die boetes so erg moet wees dat mense te werk gaan om by die toelaatbare perk te bly. Ons het dus 'n beginpunt.

So, die rykes gaan hulle gedrag moet wysing want daar gaan nie genoeg krediete wees om te koop nie (gegee huidige vlakke van groei in verbruik).

willemras said...

Goeie artikel, ek wou nog altyd geweet het hoe presies hierdie goed gaan werk.