Showing posts with label koolstof. Show all posts
Showing posts with label koolstof. Show all posts

Monday, October 15, 2007

Hoe kies mens as jy geen keuse het nie?

Ons word daagliks hier in die industriele lande gebombardeer met die regte keuses en aksies wat ons moet neem vir die omgewing. Tog, as mens net bietjie onder die oppervlakte gaan krap is min van daardie keuses regtig beskikbaar. Meer nog, in derde wereld lande bestaan die infrastruktuur daarvoor nog nie.

Laas naweek het ons beplan om die ferry te vat Engeland toe om vir John se broer te gaan kuier. Ons sou lekker baie koolstof emmisies kon spaar deur nie te vlieg nie, en dan skuldloos lekker vakansie hou. Maar nee, die ferry is 4x duurder as die vlug! Selfs al is dit 4x so lank ook. Dan is daar nie n gereelde trein van Holyhead waar die ferry aankom inland nie, so ons sal die kar moet oorvat. En dan n halwe dag lank ry tot in Oxford. Om vir n naweek Engeland toe te gaan met die ferry van Dublin af, het ons na n paar uur agterkom, is heeltemal onprakties en onbekostigbaar. So moet ek nou my kop in skaamte laat sak en se ons het gevlieg.

Maar dit was dieselfde penarie met ons trippie Dingle toe. Mens kan die 200km of afle deur 4 ure met die kar te ry, oordat die paaie so om en dom en vol is, of ses ure met die trein ry en dan in elk geval daar n kar moet huur en nog meer as n uur tot by Dingle. Publieke vervoer bestaan net nie daar nie! So, dan klim jy maar in jou eie kar, want n naweek is net so lank.

Totdat die regering dit nie in hulle eie hande neem om publieke vervoer bruikbaar en bekostigbaar te maak nie, kan hulle nie van die bevolking verwag om die regte keuses oor leefstyl te maak nie. Maar nie net vervoer nie, elektrisiteit, behuising, dis als die regering se verantwoordelikheid om seker te maak ons het keuses om uit te voer. Die regering besluit waar om geld in te stoot, en keer op keer stel hulle ons terleur terwyl advertensies steeds voorhou dat ons kan en moet kies hoe ons wil leef.

Hier is slegs een elektrisiteit verskaffer. Geboue word met so min as moontlik nuwe tegnologie toegerus en ontwikkeling geld word slegs in paaie ingestoot. Toe ek die engelse treinstasies en treine sien het ek besef, hulle is ligjare vooruit en selfs daar bou hulle kool kragstasies, brei vir heathrow uit, stroop die green belt. Seid euch verruckt? Is ons mal?

In Suid Afrika is dit dieslfde storie. Eskom sukkel tans geweldig met krag omset. Nou offload hulle deur die gebied sonder krag elke paar ure te roteer, sodat almal in die pyn deel. Dis als goed en demokraties. Wat nie goed is nie is dat hulle die mense se krag verbruik beskuldig as die oorsaak vir die tekorte. Maar mense het geen ander keuse. Eskom is die enigste elektrisiteit verskaffer. Meer nog, daar is geen sonpanele of windkragopwekkers beskikbaar nie. In n land van sonskyn en wind, is dit skandalig. Eerder as om hierdie hulpbronne beskikbaar te maak draai die regering 'n blinde oog en se mense moet onthou om hulle ligte af te skakel. Mens bekragtig 'n bevolking deur hulle keuses te gee. Mens maak hulle mismoedig en desperaat deur hulle hande af te kap. Dit was aaklig om te hoor dat my skoonouers voel hulle enigste uitweg is om n diesel kragopwekker te koop. En ek wil nie eens aan die sekuriteitsrisikos dink wat gepaard gaan met beplande krag onderbrekings nie.

Dis die jaar 2007 en ons maak nogsteeds keuses uit die 1980's. Regerings laat nogsteeds grootskaalse uitbranding van woude, vissery, aviation, en uitbreiding van motorwee toe. Watter hoop is daar dan dat ons betyds n oplossing vir klimaatverandering gaan vind? Watter hoop is daar dat die verandering wat ek in my daaglikste bestaan probeer maak (en meestal vaal) 'n impak gaan he? Watter hoop is daar dat ons n werkbare oplossing voor 2015 gaan implementeer? Kanse lyk al skraler. En die volgende geslag gaan ons met ongeloof aankyk as hulle besef ons het teruggesit en op beter dae gewag. As daar ooit 'n tyd was om los te moet breek van regerings se leuens, valse voornemens en lee beloftes, dan is dit nou.

Regerings is deesdae te gemaklik, te goed gebuffer teen die bevolkings wie hulle skroef, en te ryk om aan enigiets anders as die bevordering van hulle eie rykdom te dink. Ons is weer in n posisie waar Marie Antionette ons uitlag en koek aanbied. Ons revolusie moet begin. Ek wil my kinders eendag in die oe kan kyk, en met trots kan se ek het hierteen baklei. De le Rey, De le Rey, daar's baie meer as boere trots wat tans in die weegskaal le, dis die mensdom se oorlewing waarvoor ons moet baklei.

Dis tyd om ons kwasi-demokratiese regerings reg oor die wereld te herinner dat die mensdom nog n stem het, en dat ons nie dankbaar is vir die grootskaalse verwoesting van ons wereld en onderontwikkeling van alternatiewe nie. Gee nie om wat die GDP is nie. Regerings het ons lank genoeg omgekoop met geld en goed. Dis tyd om te fokus en te begin DEMAND.

Monday, August 6, 2007

Koolstof handel- Afrika se antwoord?

Koolstof handel is gebaseer daarop dat alle mense gelyk is, ewe veel koolstof mag produseer en ewe veel verantwoordelikheid moet dra vir wat hulle produseer. Deur koolstof emissie per capita te beperk ontstaan n mark in virtuele kapitaal wat gelyk staan aan geld maar deur almal besit word.

Wat gebeur tans?

Die grootste probleem met groenhuis gasse is dat alle lande nie ewe veel verantwoordelikheid dra vir die petjie waarin moeder aarde haarself bevind nie. Daar is n merkwaardige verskil tussen industriele lande en ontwikkelende lande. Die deursnit amerikaner is verantwoordelik vir 20 ton per jaar, brit vir 10 ton en indier of afrikaner n skamele 0.8 ton! (Die deursnit Suid-Afrikaner trek al by ongeveer 8 ton!)Waar industriele lande dan ook die reserwes het om hulle mense teen klimaat verandering te beskerm met invoer produkte en subsidies, bly ontwikkelende lande agter. So, die lande met die minste skuld, dra weereens die grootste las. Maar die wereld is reeds besig om die oplossing in werking te stel.

Wat is Kyoto?

Die Kyoto Protokol is n ooreenkoms onder die UNFCCC- United Nations Framework Convention on Climate Change- tussen die lande wat hulle daaraan bind om hulle koolstof emissie vlakke stabiel te hou onder n sekere vlak (gewoonlik die land se koolstof emissie vlak in 1990), of andersins om met die koolstof krediet wat hulle opbou handel te dryf. Cap and trade. Meer as 160 lande het dit onderteken. Die ooreenkoms loop in 2012 uit en daar is reeds in Mei 2007 aan n opvolg ooreenkoms begin werk.

Lande soos amerika en Australie wat weier om aan die Kyoto samesprekings deel te neem se posisie is nie regtig verdedigbaar nie. Dis als goed en wel om te se hulle sal eers sny as China begin saamspeel, maar China se per kapita vrystellings trek maar by 3 ton. Vir die deursnit Chinees om skielik beperk te word tot 1.5 ton as die deursnit amerikaner onder dieselfde wet teen 10 ton mag voortbeur is duidelik onregverdig. Ontwikkelende lande word tans vrygestel van enige cap of sny aksie. Die geval van China en Indie se uitmuntende groei en ontwikkeling is een van die kwessies wat in 2012 hersien sal word. Die Kyoto protokol is nie onder n hoender uitgebroei nie en Amerika skiet homself en die wereld aanhoudend in die voet deur daarvan te probeer weg wriemel.

Die enigste manier hoe konsensus bereik sal word is deur n wereldwye gelyke perk, ingestel op n vasgestelde datum. Dan, as die "cap" eers in plek is, kan mense, organisasies en lande met hulle reserwes begin handel dryf. Dus "cap and trade".

Regverdige Handel

Poetry in motion, sou my wiskunde onnie se, want ewe skielik is almal op gelyke voet. Rykes wat hulle weelderyke lewensstyl wil voort leef sal by armes kan handel dryf daarvoor, maatskappye sal besigheidstrategiee moet heroorweeg om die omgewing in ag te neem en arm lande sal uit eindelik nie meer uitgebuit word nie.

Afrika is bekend vir haar natuurlike bronne van rykdom. Ook bekend is die feit dat meeste van hierdie natuurlike bronne letterlik gesteel is tot voordeel van industriele lande in die Noorde. Onder huidige handelswette duur hierdie ongelyke gebruike voort. Die IMF en WTO draai n blinde oog en Afrika word al armer en warmer.
Onder n koolstof handel stelsel wat wereldwyd gestandardiseer is sal industriele lande nie meer toegelaat word om te boelie nie en sal ontwikkelende lande hulle mense beter kan voorberei op die verandering wat reeds in die klimaat plaasvind.

Hoe vorder ons?

Koolstof handel bestaan reeds. CCX is die Chicago Climate Exchange; Europa het n cap and trade stelsel; heelwat indiese NGO's neem reeds aan die handel deel. Suid Afrika is ongelukkig ver agter! Dat die eerste windplaas in Darling hierdie jaar eers aan boord gekom het is n skande as mens onthou dat SA die eerste hart oorgeplant het, dat Sasol een van die eerste maatskappye was om kool in petrol om te sit en dat ons die flippen grootste diamante in die wereld uit ons grond uit grou. Genugtig, wat het gebeur? Juis hieroor was ek skoon verlig toe ek op die World Bank website se nuutste projekte afdeling gesien het dat hulle wraggies van Julie af in Johannesburg sit om Suid Afrika op hoogte te kry met reels en regulasies om koolstof en groen elektrisiteit handel te bevorder. Kyk, n groter investment tip sal daar hierdie jaar nie wees nie.

Hoe sal dit werk?

So, koolstof handel sal soos geld werk. Elke ou kry elke jaar n sekere koolstof krediet. As jy brandstof ingooi, n vlug betaal of jou elektrisiteit rekening vereffen, word die regte bedrag krediet afgetrek. As jou krediet opraak, bestaan die moontlikheid om by iemand anders te koop, of op jou fiets te klim. Ewe skielik sal die slimmes en rykes nie die ouens met die groot karre en huise wees nie. n vervrissende kulturele- en gedragsverandering sal plaasvind. Klem sal verskuif vanaf blinde verbruiker- en ekonomiese groei na kwaliteit van lewe, herverbruik en bewaring. Tegnologiese ontwikkeling sal kreatiewe oplossings help vind en nie bloot op wins gefokus bly nie.

Kyk, niemand verwag n sewende hemel nie. Lewe sal voortgaan met al sy stres, sorge en vreugde. Maar dis juis die punt. As daar nie drasties aksie geneem word nie, sal die lewe binnekort grotendeels nie meer bestaan nie.

Rusland het laas week deur middel van n duikboot n vlag op die seevloer van die noord pool gaan plant. Dis waar die grootste ongetapde rou olie reserwe le. Amerika voel hulle vlag staan reeds jare bo-op die ys. As die wereld aan hou verwarm teen die huidige koers is daardie ys teen 2050 gesmelt en gaan n magtige stryd vir die olie ontstaan. Anders gesien, as daardie ys teen 2050 gesmelt is, is die mensdom teen 2100 ongeveer uitgeroei. Hectic!

Baie van hierdie inligting kom van Mark Lynas se boek 6 Degrees, en sy blog. Ook die webtuiste van die WTO en World Bank en die kaarte van www.worldmapper.org. Maar as jy na net een interessante blad wil gaan kyk: poodwaddle.com se horlosie.