Showing posts with label Suid Afrika. Show all posts
Showing posts with label Suid Afrika. Show all posts

Wednesday, May 21, 2008

xenophobia? teiken die regte skurk

OK, dis maklik om te oordeel: 'n jong, gesonde zulu man met 'n pik of assegaai op die koerant se voorblad pronk onder die opskrif - XENOPHOBIA. Daar's hy, hy's skuldig en trots daarop! Vang hom! Maar as mens bietjie dieper delf is daar baie kante tot die storie...en is die ou met die assegaai en die ou met die tyres om sy nek eintlik 'n produk van jare se afskeep deur die regering eerder as 'n fanatiese moordenaar en 'n toevallige slagoffer.

Volgens die UNHCR het daar in 2007 amper 30 000 zimbabweers in SA aansoek gedoen om toevlug status. Maar meeste mense meld hulle self nie aan nie. So hoe seker is ons hoeveel buitelanders in Suid Afrika toevlu soek oordat hulle geen ander uitweg sien nie?

As daar regtig drie miljoen zimbabweers in Suid Afrika is, waar is hulle dan? Drie miljoen mense is baie. Hulle kruip nie maklik weg nie. Duidelik is iemand lankal besig om hulle groeiende teenwoordigheid te ignoreer. En n paar ander al lankal besig om vir hulle groeiende teenwoordigheid plek te maak. Volgens Refugees International is dit so duidelik soos daglig dat die zimbabweers net eenvoudig geignoreer en tot nou toe hardhandig aanvaar word. Maar niks konkreet of offisieel word gedoen om hulle teenwoordigheid of af te keur, of goed te keur nie. Die regering weet nie wat om met hulle te doen nie, so nou doen hulle maar eerder niks nie!

In 2004 was daar reeds groot probleme. Duisende zimbabweers wat probeer aanmeld by immigrasie word nie eens die kans gegun om die vorms in te vul nie. Van 5000 mense wat in 2004 vorms kon indien vir toevlug (asylum seekers) is slegs 20 goedgekeur.

In 2004 was daar reeds n agterstand van 80000 aansoeke wat nog nie geprosesseer is nie. So dis regtig moeilik om te besluit hoeveel van hulle in die land is, en onmoontlik om hulle te beheer of beskerm. Tans is daar n agterstand van 100 000 aansoeke wat wag terwyl ongeveer 30 000 goedgekeur is.

En volgens die verslag deur Refugees International:

"While the senior management of the Immigration Department acknowledged that Zimbabweans have the right to be considered refugees, Refugee Reception officers were unable to state whether or not Zimbabweans had the right to political asylum in South Africa. Staff in the Reception Office said that Zimbabweans were not a priority because "there is no civil war in Zimbabwe, so there is no reason to apply." Other Zimbabweans told us they were denied access to the process because they did not have valid passports.

"Even the UN agency in charge of refugees could not agree. The Office of the UN High Commissioner for Refugees (UNHCR) in South Africa was also unable to provide a clear determination as to whether Zimbabweans qualify for asylum. They were waiting clarification themselves from Geneva."


Volgens Human Rights Watch se verslag in Augstus 2006 oor Zimbabweers in Limpopo:

"Documented and undocumented migrants from Zimbabwe are vulnerable to human rights abuses in South Africa and occupy an ambiguous space in the law with respect to certain rights guarantees. Their constitutional rights to personal freedom and security, conditions of detention which are consistent with human dignity, and fair labor practices are infringed upon by violations of immigration and employment laws and also deficiencies in these laws. Their inability to access adequate housing presents challenging issues of unsettled law, which will require further adjudication."

Nou, hierdie sterk opinies oor die penarie van Zimbabweers in Suid Afrika help nog steeds nie om die ou met n assegaai in n beter lig te plaas nie, maar laat ek dit so stel: As die regering al reeds jare lank versuim om hieraan aandag te gee, wie is besig om aan die kortste ent te trek?

Wel ek voel daar is twee groepe mense wat benadeel word. Daar word verwag van die township inwoners wat reeds met skaars hulpbronne sit om plek te maak vir die vreemdelinge om iewers te bly, sonder dat hulle enige teken kry van die regering af dat hulle probeer om die probleem op te los nie. Die township se water, krag, skole en gesondheidsorg moet vreedsaam met mense gedeel word wat geen bydrae lewer nie, en ook geen hulp as toevlug soekers kry nie. Dit word ook dag tot dag deur die polisie duidelik gemaak dat die vreemdelinge geen regte het nie en uitgebuit kan word.

Aan die ander kant voel die Zimbabweers dat, hoe haaglik die omstandighede nou ook al is, dis beter as in Zimbabwe en hulle "grin en bear" maar en gaan vir seker nie teveel geraas maak nie in geval hulle gedeporteer word!

Solank Mnr Mbeki se daar's geen probleem in Zimbabwe nie, hoef hy nie aan die Zimbabwese vlugtelinge toevlug te gee nie, en dus geen oplossing te soek vir die 3 miljoen mense wat letterlik nerens anders kan heen nie.

Baie mense voel dat ons regering reeds nie vir sy eie mense kan sorg nie. Dis waar, maar ons moet ook nie vergeet nie, daar is internasionale gemeenskap van hulp agentskappe wat gereed staan om hierdie mense te help. Maar solank hulle iewers in n township skuil oor hulle bang is n polisie radar tel hulle op, kan hulle nie aanspraak maak op die hulp wat hulle toekom nie.

So, ek voel dis onverskoonbaar om mense te begin doodmaak oor hulle van n ander land is (hier sit ek self in n vreemde land) maar dit is ook belangrik dat die township inwoners hulle stem dik maak en die regering begin verantwoordelik hou vir n probleem wat nie na die armste mense in die land oorgeskuif moet of mag word nie. Hoe vinnig sal Sandton, Waterkloof of Durbanville se inwoners begin toi-toi as 3 miljoen zimbabweers skielik op hulle grasperke kom tentopslaan?

oor en uit

Monday, October 15, 2007

Hoe kies mens as jy geen keuse het nie?

Ons word daagliks hier in die industriele lande gebombardeer met die regte keuses en aksies wat ons moet neem vir die omgewing. Tog, as mens net bietjie onder die oppervlakte gaan krap is min van daardie keuses regtig beskikbaar. Meer nog, in derde wereld lande bestaan die infrastruktuur daarvoor nog nie.

Laas naweek het ons beplan om die ferry te vat Engeland toe om vir John se broer te gaan kuier. Ons sou lekker baie koolstof emmisies kon spaar deur nie te vlieg nie, en dan skuldloos lekker vakansie hou. Maar nee, die ferry is 4x duurder as die vlug! Selfs al is dit 4x so lank ook. Dan is daar nie n gereelde trein van Holyhead waar die ferry aankom inland nie, so ons sal die kar moet oorvat. En dan n halwe dag lank ry tot in Oxford. Om vir n naweek Engeland toe te gaan met die ferry van Dublin af, het ons na n paar uur agterkom, is heeltemal onprakties en onbekostigbaar. So moet ek nou my kop in skaamte laat sak en se ons het gevlieg.

Maar dit was dieselfde penarie met ons trippie Dingle toe. Mens kan die 200km of afle deur 4 ure met die kar te ry, oordat die paaie so om en dom en vol is, of ses ure met die trein ry en dan in elk geval daar n kar moet huur en nog meer as n uur tot by Dingle. Publieke vervoer bestaan net nie daar nie! So, dan klim jy maar in jou eie kar, want n naweek is net so lank.

Totdat die regering dit nie in hulle eie hande neem om publieke vervoer bruikbaar en bekostigbaar te maak nie, kan hulle nie van die bevolking verwag om die regte keuses oor leefstyl te maak nie. Maar nie net vervoer nie, elektrisiteit, behuising, dis als die regering se verantwoordelikheid om seker te maak ons het keuses om uit te voer. Die regering besluit waar om geld in te stoot, en keer op keer stel hulle ons terleur terwyl advertensies steeds voorhou dat ons kan en moet kies hoe ons wil leef.

Hier is slegs een elektrisiteit verskaffer. Geboue word met so min as moontlik nuwe tegnologie toegerus en ontwikkeling geld word slegs in paaie ingestoot. Toe ek die engelse treinstasies en treine sien het ek besef, hulle is ligjare vooruit en selfs daar bou hulle kool kragstasies, brei vir heathrow uit, stroop die green belt. Seid euch verruckt? Is ons mal?

In Suid Afrika is dit dieslfde storie. Eskom sukkel tans geweldig met krag omset. Nou offload hulle deur die gebied sonder krag elke paar ure te roteer, sodat almal in die pyn deel. Dis als goed en demokraties. Wat nie goed is nie is dat hulle die mense se krag verbruik beskuldig as die oorsaak vir die tekorte. Maar mense het geen ander keuse. Eskom is die enigste elektrisiteit verskaffer. Meer nog, daar is geen sonpanele of windkragopwekkers beskikbaar nie. In n land van sonskyn en wind, is dit skandalig. Eerder as om hierdie hulpbronne beskikbaar te maak draai die regering 'n blinde oog en se mense moet onthou om hulle ligte af te skakel. Mens bekragtig 'n bevolking deur hulle keuses te gee. Mens maak hulle mismoedig en desperaat deur hulle hande af te kap. Dit was aaklig om te hoor dat my skoonouers voel hulle enigste uitweg is om n diesel kragopwekker te koop. En ek wil nie eens aan die sekuriteitsrisikos dink wat gepaard gaan met beplande krag onderbrekings nie.

Dis die jaar 2007 en ons maak nogsteeds keuses uit die 1980's. Regerings laat nogsteeds grootskaalse uitbranding van woude, vissery, aviation, en uitbreiding van motorwee toe. Watter hoop is daar dan dat ons betyds n oplossing vir klimaatverandering gaan vind? Watter hoop is daar dat die verandering wat ek in my daaglikste bestaan probeer maak (en meestal vaal) 'n impak gaan he? Watter hoop is daar dat ons n werkbare oplossing voor 2015 gaan implementeer? Kanse lyk al skraler. En die volgende geslag gaan ons met ongeloof aankyk as hulle besef ons het teruggesit en op beter dae gewag. As daar ooit 'n tyd was om los te moet breek van regerings se leuens, valse voornemens en lee beloftes, dan is dit nou.

Regerings is deesdae te gemaklik, te goed gebuffer teen die bevolkings wie hulle skroef, en te ryk om aan enigiets anders as die bevordering van hulle eie rykdom te dink. Ons is weer in n posisie waar Marie Antionette ons uitlag en koek aanbied. Ons revolusie moet begin. Ek wil my kinders eendag in die oe kan kyk, en met trots kan se ek het hierteen baklei. De le Rey, De le Rey, daar's baie meer as boere trots wat tans in die weegskaal le, dis die mensdom se oorlewing waarvoor ons moet baklei.

Dis tyd om ons kwasi-demokratiese regerings reg oor die wereld te herinner dat die mensdom nog n stem het, en dat ons nie dankbaar is vir die grootskaalse verwoesting van ons wereld en onderontwikkeling van alternatiewe nie. Gee nie om wat die GDP is nie. Regerings het ons lank genoeg omgekoop met geld en goed. Dis tyd om te fokus en te begin DEMAND.